Koninkryk Speelskool

Sentrumure

Ma - Vry: 08:00 - 17:00

admin@koninkrykskool.co.za

Ouderdomme

2 tot 5 jaar

Koninkryk Woord Bediening Kerk
Plot 1811, Route 319, Struisbaai

Koninkryk Speelskool

Voorskoolse Opvoedingsentrum (ECD) vir kinders vanaf 2 tot 5 jaar oud. 

Ons Sentrum

Die ideale omgewing vir groei en ontwikkeling!

Ons dagprogramme fokus op die fisiese, intellektuele, emosionele en geestelike ontwikkeling van kinders volgens die geïmplementeerde kurrikulum en word aangepas volgens die verskillende ouderdomsgroepe.

Speel
0%
Sang en Dans
0%
Buitelig-aktiwiteite
0%
Leeraktiwiteite
0%

Wat glo ons?

'n Lewe in Jesus se Koninkryk

“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.”
-Luk 18:16-17

Ons vorm deel van Koninkryk Woord Bediening, ‘n gevestigde kerk in Struisbaai. Ons funksioneer nie onafhanklik van die kerk se waardes en oortuigings nie, en fokus juis daarop om kinders te onderrig en te ontwikkel volgens die beginsels van die Koninkryk. 

Pret en Leer

Ons skep die ruimte vir kinders om net kind te kan wees. Elke kind groei teen sy of haar eie pas en ons fassiliteer net die proses

Holistiese Ontwikkeling

Ons fokus op al die domeine van die kind se ontwikkeling nl. fisies, intellektueel, emosioneel en geestelik.

Veilige Omgewing

Ons perseel voorsien 'n veilige ruimte wat aan alle vereistes voldoen met oorgenoeg speelplek.

Hoë Gehalte Toerusting

Ons bied hoë gehalte en volhoubare toerusting vir kinders van alle ouderdomme.

Skryf nou in!

Kies die beste opsie vir jou kind!

Ons ervare en opgeleide personeel skep die ideale omgewing vir jou kind om te leer, speel en groei, en waar jou kind net kan kind wees.

Voldag

7:30 - 17:00

R2000

per maand

Halfdag

7:30 - 12:00

R1500

per maand

'n Registrasiefooi van R2000 is betaalbaar aan die begin van elke jaar. Dit sluit al die skryfbehoeftes, werkmateriaal, toerusting ens. in en is betaalbaar met elke pakket.

Holistiese Ontwikkeling

Ons fokus op elke aspek van die kind!

‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Ons fokus nie net op een aspek van ontwikkeling nie, maar op elke aspek van die kind om suksesvolle ontwikkeling te verseker. 

Speel

Daar word genoeg tyd gemaak vir speel by ons sentrum. Kinders word blootgestel aan sesnoriese speelmateriaal wat hul verskeier liggaamlike funksies versterk deur te speel.

Groei

Ons fokus op groeibeginsels in die Koninkryk. Alles is deur God geskep en word deur Hom instand gehou vir Sy verheerliking. Ons leer kinders om te groei in Hom.

Leer

Ons leermateriaal is interaktief en relevant. Ons stel nie onrealisitiese doelwitte vir kinders nie, ons help elke individu om hul volle potensiaal te bereik deur ons leermateriaal.

'n Dag in ons lewe

Kontak Ons

Kontak ons met enige navrae of vir meer inligting, ons hoor graag van jou.

Ons skool

Plot 1811, Route 319, Struisbaai

WhatsApp

+27 84 808 9791

Eposadres

admin@koninkrykskool.co.za

Tye

Mon - Fri (07:30-17.00)

Voorsien jou besonderhede

Ons sal jou kontak

Ons hoor graag van jou. Kontak ons met enige navrae.

FAQ's

Algemene Vrae

Vir enige navrae, kontak ons gerus.

Nee, ons pas die leerinhoud aan vir ons Engelse kinders.

Ja, die registrasiefooi is aan die begin van elke jaar betaalbaar. Dit sluit die toerusting en materiaal in wat die kind deur die jaar sal benodig.

Ja, ons vergun ouers om die registrasiefooi af te betaal oor die eerste 3 maande van die jaar.

Alle persoonlike items vir die kind se gebruik, nl. sonskerm, ekstra stel klere, kos, doeke (indien nodig), kombers, ens.

Nee, ons volg nie noodwendig die skoolkalender nie. Indien die sentrum toe maak vir vakansietye, sal die ouers vroegtydig in kennis gestel word.

Ja, ons ervare personeel 'potty train' kinders.